​My brein het afgeskakel.

My woorde het opgedroog.

My vingers het verkalk.

My potlood het veras.

My papier het ek opgevrommel

En my lippe kon geen woord vorm

En my hande kon geen letter konstrueer

Totdat ek opgegee het.

En toe was die woorde in beheer

En die woorde het my verras

En my potloop het geskribbel

En my vingers het gedans oor die sleutels,

Maar my brein: 

Hy het nooit weer aangeskakel.

Advertisements