Search

Imperfect Poet

Poetry, short stories and other things.

Month

February 2018

Reën in Kaapstad

Ek sien reëndruppels

teen my venster

en ek weet-

die nag het getreur,

maar my hart sing saam

met die droë grond

oor die nag se trane.

Advertisements

I will be a cactus

Like a cactus
I will grow where I am planted.

I will live off little
and require no
special attention.

My flowers will blossom
and I will be
beautiful

and I will prosper.

As musiek ‘n troos was

As musiek ‘n troos was

sou jy my troos wees?

Sou jy soet stiltes

in my oor kom fluister

en met ‘n melodie al die seer kom stil maak?

 

Sou jy my aan die slaap kom sing

liefling?

 

As die liefde minder boos was

sou jy my met jou liefde

kom omvou?

Sou jy my omhels in die reën

en my vir ewig daar vashou?

 

Sou jy my saggies nag kom soen,

liefling?

 

As ons geweet het wat more sal bring,

sou jy die sonopkoms vir my bring?

Sou jy die dag vir my gee

as ‘n geskenk?

 

Sou jy jou toekoms met my kom deel.

liefling?

 

 

 

Toeskouer

Ek was my hande in onskuld

sê jy

terwyl jy op die kantlyn staan

en kyk

Dit het niks met my te doen nie

Ek is maar net mens

Jy is maar net ‘n toeskouer

tot my seerkry

jy droog jou hande af

met tervergeefse omgee

Maar ek sien die bloed op jou palms

ek sien die skuld in jou oë

He was willing

he was willing to

give her

the moon

and the stars

yet he could not understand

that all she ever wanted

was his love.

Blog at WordPress.com.

Up ↑